Baie groot poeding – vries goed)
Bestanddele:
250 ml koekmeel
125 ml suiker
60 ml botter
150 ml appelkooskonfyt
4 eiers
10 ml koeksoda, gemeng met bietjie melk
Metode:
Verroom botter en suiker. Voeg eiers een vir een by en klop goed na elke byvoeging. Voeg res van die bestanddele, behalwe die koeksoda, by en meng goed. Voeg laastens die koeksoda by. Gooi mengsel in kokende stroop. Bak ± 1 uur teen 180ºC.
Stroop:
500 ml suiker
500 ml room
500 ml melk (room en melk kan met idealmelk vervang word).
Karamelliseer suiker tot goed bruin. Voeg melk en room by en roer oor matige hitte, totdat klonte opgelos is.
**Nota:
Om bevrore poeding warm te maak kan dit oor kookwater gestoom word, of in die mikrogolfoond ontdooi en verwarm word.
http://
Foto :www.pixshark.com
https://www.facebook.com/