Tuesday, March 27, 2012

Nataniel - LEES ' N BIETJIE DIE MAN SE WOORDE:


LEES ' N BIETJIE DIE MAN SE  WOORDE: 
                                             
Wees altyd dankbaar vir
 alles wat jy het en lewe eenvoudig.  Hoe 
minder goeters jy het,  hoe minder wharries het jy .. en hoe 
lekkerder slaap  jy!

Wees onvoorwaardelik lief vir
 jou gesin en familie en aanvaar 
elkeen presies net soos hy/sy daar  is ..vriende kan jy kies, familie  nie!

Moenie toelaat dat jou brein  muf met 'issues' soosonvergewens-
gesindheid, skuldgevoelens of grudges nie .. sorteer alle probleme
 uit nog voor die son
  sak!

Hardloop jou lewens-spiedomitir in die rooi ..
 help waar jy kan
 en lewe voluit terwyl jy  nog lewe in jou het ...'use it - or lose it'! 

Geniet die eenvoudige dinge. Die 'image'-goed en 'keeping up 
with the Jones' is sommer 'n pot snot  ... hulle (die Jones') sit 
in elk geval nou in  Ozzie.

Al wys die 'replay' duidelik  dat hy verkeerd is ...
 maak vrede 
met die ref se beslissings en jy  sal dadelik beter voel!

Vermy bedompige gyms wat stink na yuppie-spray waar
 hooter-neuse in snaakse Star Wars klere soos hamsters 
op gevriesde fietse sit en trap ... kry oefening deur te 
gaan stap langs die see of in die veld of 'n rêrige fiets
te ry .. doen iets in die buitelug, maar moenie in  die strate
 op en af draf nie, dis 'common' en maak ander mense  skuldig
 voel.

As jy 'n 'no-name  brand' T-Shirt sien wat jy laaik, koop 
dit .... na moer met die  name-goed wat jy in elk geval nie 
kan bekostig nie - solank dit net  gemaklik pas. Laat andere
 maar hul geld mors op goed wat hulle vals  selfvertroue in
 hul eie plestiek-wêreld  gee!

Lag dikwels ....lank en lekker, dit hou jou gesond! Haal diep 
asem, drink meer water as wat  jy moet en kou jou kos fyn. 
Eet meer van die goed wat mens pluk of uit die grond grawe. 
Moet nooit alleen alkohol gebruik nie en  wanneer jy ietsie
 vat .....hou matigheid voor oë  ..ALTYD!

Behou jou grapgat vrinne en  vermy die morpotte ...hulle
 is 'demoralising' en trek jou af na  hulle vlak.

Jou huis is jou plek en  daar leef jy soos JY wil, too hell met 
die snobs . en die beste  kar is een wat klaar betaal is!

Stel God EERSTE en alle ander goed sal self in plek 
val ..hê  geloof!

Sê vir mense dat jy vir  hulle omgee ....more trek jy 
dalk jou hout-jas aan, dan's dit te  laat!  
 
 
Nataniel



THE SERENITY PRAYER

GOD GRANT ME THE SERENITY
TO ACCEPT THE THINGS I CANNOT CHANGE;
COURAGE TO CHANGE THE THINGS I CAN;
AND WISDOM TO KNOW THE DIFFERENCE.

LIVING ONE DAY AT A TIME;
ENJOYING ONE MOMENT AT A TIME;
ACCEPTING HARDSHIPS AS THE PATHWAY TO PEACE;
TAKING, AS HE DID, THIS SINFUL WORLD
AS IT IS, NOT AS I WOULD HAVE IT;
TRUSTING THAT HE WILL MAKE ALL THINGS RIGHT
IF I SURRENDER TO HIS WILL;
THAT I MAY BE REASONABLY HAPPY IN THIS LIFE
AND SUPREMELY HAPPY WITH HIM
FOREVER IN THE NEXT.
AMEN.

--REINHOLD NIEBUHR